Welkom
MARTIE DU PLESSIS SKOOL (1958 – 2013)
As nuwe skoolhoof vanaf Januarie 2013, is dit vir my 'n absolute voorreg om met Martie du Plessis geassosieer te wees.
Martie du Plessis is 'n dinamiese, altyd ontwikkelende fasiliteit wat onderrig bied aan leerders (Graad R - 12) wat fisiek, serebraal of leergestremd is en spesiale onderwys benodig. Die skool volg dieselfde kurrikulum as die hoofstroom en in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens behaal ons leerders groot sukses.
Die skool lewer gereeld besondere prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied. Ons beskou dit as 'n prioriteit om skooltrots by ons leerders aan te kweek, wat tot uiting sal kom in hulle gedrag, kleredrag, houding en gesindheid.
Ons belê graag in ons leerders, onder andere deur die Character For Life-jaar, 'n karakterbou-program wat vanaf Januarie geïmplementeer word. Dié program fokus op die sewe ankers van karakter, naamlik Omgee, Respek, Betroubaarheid, Verantwoordelikheid, Regverdigheid, Burgerskap en Geloof. Hierdie sewe ankers sal elk vir 'n tydperk die fokuspunt van die hele skool vorm en hopelik neerslag vind in die lewe van elke individu.
Ons bly graag positief en wil daardeur hoop gee vir alle betrokkenes by die skool, insluitend leerders, ouers, onderwysers en ander personeel.
“Teaching is all about breaking bad habits, forging new paths, opening doors and leading students to make different and better choices and to have better attitudes.” - Seven Simple Secrets: What the BEST teachers know and do
|
Nuusflits
Geen skool vir leerders Vrydag 25 Januarie
Weeklikse Kalender
Geen data.
Toelatingsvereistes
Lees die dokument
|